Namibiese gesondheidsministerie: Aappokke-enstof nog nie nodig

Net soos in Suid-Afrika, is geen aappokke-entstof in Namibië geregistreer nie. Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê daar is op die oomblik geen aappokke-entstof wat in Suid-Afrika nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die virus onlangs tot openbare noodtoestand verklaar nadat 35 000 gevalle in 92 lande aangemeld is. Die uitvoerend direkteure in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die verkryging van aappokke-entstof.

Nangombe sê op hierdie stadium is dit nie vir Namibië nodig om die entstof aan te koop nie.