Namcor sluit ooreenkoms vir PEL 82 in Walvis-kom

Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het beduidende vooruitgang in die energiesektor aangekondig. ‘n Uitplaasooreenkoms is geteken met Chevron Namibia Exploration Limited, ‘n filiaal van Chevron Global Energy Inc. Hierdie ooreenkoms sal meebring dat Chevron Namibia ‘n bedryfsbelang van 80 persent in Petroleum Eksplorasie-lisensie 82, of PEL 82, in die produktiewe Walvis-kom aflandig die kus van Namibië verkry. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.