Kinderhandel-saak tot Oktober uitgestel

Regter Claudia Claasen het die saak van die Russiese burger Alexander Krylov en Namibiër Katerina Engelbrecht in die Windhoekse hoërhof uitgestel. Hulle het vandag verskyn vir finale betoë voor uitspraak en staan tereg op verskeie klagte van verkragting van minderjariges en kinderhandel. Regter Claasen het die saak tot 17 Oktober uitgestel, aangesien die hofrekords nog nie volledig getranskribeer is nie. Die verdediging wag vir dié transkripsie om sy argumente in te dien. Beide beskuldigdes is vry op borgtog.