Stadspolisiehoof Ileka reageer op Okahandja 5-bewerings

Die aktivis Michael Amushelelo het nuwe bewerings die lig laat sien oor die Okahandja-voorval waarin vyf mans in April verlede jaar deur lede van NamPol en die Windhoek Stadspolisie doodgeskiet is. Dit was in verband met ‘n beweerde beplande roof. Amushelelo beweer dat die Stadspolisiehoof, Leevi Ileka, direk betrokke was by die beweerde moorde. Hy sê onder andere Ileka het meer as ‘n maand voor die voorval die voertuig waarin die verdagtes geskiet is, verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Ileka gepraat, wat op die bewerings reageer. Hy was onder andere eers na die voorval as Stadspolisiehoof aangestel, op 11 September 2023.