Reuse-stryd tussen Liverpool en Manchester United verwag

Sokker: Een van die grootste kragmetings in Engelse sokker is Liverpool teen Manchester United. Die twee reuse ontmoet mekaar Maandag ná albei klubs ‘n moeilike paar weke agter die rug het. Erik ten Hag staar die swakste begin van enige United-bestuurder vir langer as 100 jaar in die gesig, aangesien hulle aan die onderpunt van die Premierliga is. Liverpool het met twee gelykop-uitslae begin en die bestuurder, Jurgen Klopp, sê om Old Trafford te besoek sal nooit maklik wees nie.