Hervestiging vorder, maar ‘mense het te hoë verwagtinge’

Volgens die dagblad The Namibian kom die hervestigingsbeleid van die landbou-ministerie onder die loep weens die oënskynlike slakkepas waarteen hervestiging beweeg. Verskeie politieke ontleders het die beleid gekritiseer en sê dat dit op baie vlakke misluk het. Die jongste hervestigingsbeleid is steeds in die parlement nadat dit op raadsvlak goedgekeur is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landbou-ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, wat ‘n oorsig gee van wat hulle tot dusver gedoen het asook hul standpunt oor die saak.