NamRa lê invoer-verliese voor die deur van klaringsagentskappe

Volgens die kommissaris van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa, Sam Shivute, is 63 persent van goedere wat in die land ingevoer word vir handelsdoeleindes, onderwaardeer, verkeerd geklassifiseer of nie verklaar nie. Hy sê daar is groot verliese vir die staat en het bevestig dat ‘n besending denims was verklaar op ‘n waarde van 20 sent per item. Hy voeg by dat selfone in verskillende besendings van verskillende onderdele by verskeie grense die land binnekom. Hy het besighede in die land gemaan om regulasies na te kom. Kosmos 94.1 Nuus het aan NamRa gevra of die doeanebeamptes hul werk doen om seker te maak dat alle goedere wat in die land inkom, korrek belas word. Steven Ndorokaze, hoof-kommunikasiebeampte van NamRA, het só geantwoord…