Ikoniese Probst herdenk sy 65ste verjaardag

Die gewilde en ikoniese Probst Bakkery op Walvisbaai herdenk môre sy 65ste bestaansjaar. Talle aktiwiteite sal aangebied word om hierdie mylpaal te vier. In Augustus 1957 het die Willi Probst Bakkery en Restaurant vir die eerste keer sy deure oopgemaak en die vierde generasie van die Probst-familie is steeds aan stuur. Bestuurder Marko van Vuuren vertel die interessante geskiedenis van die bakkery aan Kosmos 94.1 Nuus.

Van Vuuren gee meer inligting oor die feesvieringe en nooi die publiek hartlik uit.