Hangala sê nasionale redery moet op die been gebring word

Die voorsitter van die raad van die Namibiese Lughawensmaatskappy, dr. Leake Hangala, sê daar moet ‘n manier gevind word om ‘n nasionale redery te laat herleef. Hangala, wat by die Namibiese Lugvaart- en Konnektiwiteitsforum gepraat het, sê so ‘n redery moet finansieel lewensvatbaar en operasioneel doeltreffend wees en bydra tot binnelandse en streekskompetisie. Hy sê toe Air Namibia verloor is, het dit gelei tot die verlies van binnelandse mededinging. Hangala voeg by dat nasionale vlagdraers emosies en nasionale trots wek, nes die nasionale sokker- en rugbyspanne. En so ook, was Air Namibia, ‘n vlagskip vir Namibië.