Waar’s Christine Mboma?

Namibiërs wonder wanneer hulle weer vir naelloper Christine Mboma in aksie sal sien. Mboma het op die ouderdom van 18 ‘n silwer medalje in die 200 meter by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio verower, die eerste Namibiese vrou ooit wat ‘n Olimpiese medalje vir vroue gewen het. Sy het die wêreldrekord vir onder 20-vroue en die senior Afrika-rekord gebreek. Mboma het ook onlangs deelgeneem aan die Statebond Spele waar sy brons in die 200 meter vir vroue ingepalm het. Kosmos 94.1 Nuus het aan haar afrigter Henk Botha gevra wat in die pyplyn vir die geliefde atleet is.