Repokoers: Nog 100 basispunt-verhoging voor einde ’22

Ekonome verwag nog ‘n rentekoers verhoging van 100 basispunte, of 1 persent, voor die einde van die jaar. Die repokoers moet of dieselfde wees, of hoër wees as inflasie. Volgens Theo Klein van Simonis Storm is die vooruitsigte tussen 3 en 6 persent in Suid-Afrika en dus sal die sentrale bank rentekoerse bly verhoog om die inflasie in te perk. Plaaslik is die Bank van Namibië se besluit nie net geneem oor die aanhoudende inflasiedruk nie maar ook as gevolg van die een-tot-een-skakel tussen die Namibiese Dollar en die Suid-Afrikaanse rand. Klein sê ‘n verhoging van 100 basispunte sal die repokoers tot 6,5 opstoot, net bo die 6,2 persent wat in Februarie 2020, voor die pandemie, geldig was.