
Slenter kos koper miljoene
Die Valke in Suid-Afrika het nog ‘n verdagte aangekeer in die saak wat met ‘n e-pos-skelmstreek oor eiendom verband hou. Die man en twee ander wat reeds gearresteer is, het na bewering ‘n koper van eiendomme uit miljoene Namibiese doller bedrieg. Die drie het glo ‘n duplikaat e-posadres geskep om die slagoffer na ‘n ander […]
Newcastle-siekte in Kenia
Honderde duisende hoenders moes van kant gemaak word nadat Newcastle-siekte in Kenia se Kiambu-distrik uitgebreek het en boere se lewensbestaan is in gedrang. Wetenskaplikes het aan die die land se nuusagentskappe gesê boere moet veeartse kry om die regte diagnose te maak en doeltreffende behandeling voor te skryf. Die mees algemene simptome is diarree, neus-uitskeidings, […]
Reënsyfers vir Maart bekend, stel teleur
Die Namibiese weerdiens het Maart se reënval syfers bekend gemaak. Die maand het baie wispelturig vertoon in terme van neerslae. Die eerste 10 dae was kommerwekkend droog. Tussen 10 en 20 Maart het reën wel voorgekom maar die Kunene-streek het steeds onder gemiddelde reën ontvang. Die Zambezi-streek het ook lae syfers aangeteken. Reënval het meestens […]
Voordele vir intelligensie hoof in die nuus
Die Namibiese Minister van Veiligheid en Sekuriteit Frans Kapofi het die voordele wat die voormalige Hoof van die Intelligensie Diens Lucas Hangula ontvang het verdedig. Hangula ontvang ‘n bybetaling op sy maandelikse pensioen betaling en het selfs ‘n nuwe voertuig ontvang. Kapofi sê die voordele is deur die Openbare Dienskommissie goedgekeur. Maar die Politieke Ontleder […]
Dwelmman in die hof
‘n Vermeende dwelmhandelaar het in die Grootfontein Landdroshof verskyn op verskeie klagtes wat die besit van dwelms en onwettige sigarette insluit. Die 45-jarige Alfeus Yembe is gevang by die Rooidag-hek naby Tsumkwe met Yes sigarette ter waarde van 28 000 Namibiese doller sowel as 47 kilogram dagga met ‘n straatwaarde van 47 600 doller. Yembe […]
Regering staan boere, groenskemas by
Die Namibiese Minister van Inligting Peya Mushelenga het beslissings van die Kabinet, veral in verband met droogte geteisterde gebiede, om boere en groenskemas by te staan. Hy verduidelik.
Rekordlae Covid-syfers
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het vandag 15 nuwe gevalle van Covid in die land bevestig. Die gevalle is bevestig uit 1 429 toetse. Khomas het 11 van die bevestigde gevalle. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe sê daar is 6 leerders onder die groep. Met 48 pasiënte wat herstel het, is daar tans […]
LP’s stry oor die woord ‘dom’
Verrigtinge in die Nasionale Vergadering is vanmiddag weer in chaos gedompel toe lede van die huis, wat debat moes voer oor die Namibiese Inkomste-agentskap die reëls van die huis oortree het en mekaar begin beledig het. Dit het begin met Henny Seibeb van die Grondlose Mense Beweging wat die Minister van Arbeid Utoni Nujoma dom […]
VSA skenk vir SA Covid-stryd
Covid-19 bestrydingspogings in Suid-Afrika sal ‘n finansiële inspuiting van 45 miljoen Namibiese doller ontvang vanaf die Amerikaanse regering. Dit is volgens die Amerikaanse Chargé d’Affaires, Todd Haskell, wat verduidelik die VSA en Right to Care gaan saamwerk. Die geld is ter ondersteuning van die aflewering van entstowwe en fondse vir ‘n oproep-sentrum. Die skenking volg […]
NHE ondersoek klagtes deur bestuur
Die Voorsitter van die Namibiese Behuisingsonderneming Sam Shivute sê hy het die skrywe van die bestuur van die maatskappy ontvang en stel tans ondersoek in. Die bestuur meen dat sou stelsels nie dringend aangepas word nie, sal die onderneming groot uitdagings beleef en kan moontlik geen toekoms hê nie. Die bestuur by die NHE soos […]