Zaporizhzhia: Enige aanval daar is selfmoord

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres is in Lviv in die Oekraïne saam met presidente Reccep Erdogan van Turkye en Volodymyr Zelensky van die Oekraïne, om die kwessie van die kernaanleg Zaporizhzhia te bespreek. Daar is oor en weer aanvalle by die aanleg wat onder Russiese beheer is. Daar is kommer oor ‘n moontlike lekkasie by die aanleg, die grootste in Europa. Guterres sê ‘n aanval daar is selfmoord.

Intussen sê die Russiese weermag dat die Oekraïne vandag by die aanleg ‘n aanval sal loods en dan Rusland daarvoor sal blameer.