VSA stel nog 1,8m aappok-entstowwe beskikbaar

Amerika gaan sy voorraad entstof teen aappokke ‘n hupstoot gee deur ‘n bykomende 1,8 miljoen dosisse van Bavarian Nordic se Jynneos-entstof beskikbaar te stel. In Amerika is meer as 13 500 aappokke-gevalle in 49 deelstate aangemeld, wat meer as ‘n derde van die wêreld se 39 000 gevalle verteenwoordig. Die sentrum vir siektebeheer en -voorkoming se direkteur, Rochelle Walensky, sê sowat 98 persent van die gevalle in die land is mans: