Grense is gesluit, maar plaaslike produksie is duur? Akkerbouraad verduidelik

AgriSA in die buurland het die ANC regering gevra om tussenbeide te tree in verband met die verbod op invoere van verskeie groentes na Namibië en Botswana. Die verbod sluit tamaties, wortels, beet, aartappels, kool en waatlemoen in. Intussen styg pryse plaaslik ook en verbruikers kla. Een spesifieke klagte van ‘n plaaslike koper is dat die verbod op die invoer van vrugte en groente uit buurlande verstaanbaar is, maar slegs as plaaslike produksie aan die eise voldoen en nie belaglike pryse vra nie. Gilbert Mulonda, die Namibiese Akkerbouraad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou verduidelik die redes vir prysverskille.