Olimpiese Komitee sal afrigter se aantygings aanspreek

Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee het gereageer op aantygings van ‘n top-atletiekafrigter. Die Olimpiese Komitee sê hulle sal Maandag ‘n raadsvergadering hou om dié aantygings te bespreek. Dit volg nadat een van Namibië se top-atletiekafrigters, Letu Hamhola, onlangs die Olimpiese Komitee en Spesiale Olimpiese Komitee beskryf het as organisasies wat onder meer geïnstitusionaliseerde diskriminasie en […]

Read More

Stropers sal altyd ‘n nuwe manier kry…

Met renoster-stropery wat hier en elders in Suider-Afrika skerp toeneem, het professor James Larkin, die direkteur van bestraling en gesondheidsfisika by Wits-universiteit opgekom met ‘n blink plan, die Rhisotope-projek. Navorsing toon dat radioaktiewe isotope in renosterhorings geplaas kan word sonder dat die dier enigiets oorkom. Statistieke uit Suid-Afrika toon dat die meerderheid renosterhoring in diplomate […]

Read More

Grootfontein boerin verskyn weer vandag

Die boerin van Grootfontein, die 65-jarige Marieta Wilhelm sal weer vandag in die hof op Grootfontein verskyn. Sy is op 16 Maart vanjaar in hegtenis geneem na die dood van die 31-jarige Sakaria Kaandje wat drie keer in die kop geskiet is toe hy buite haar huis op haar plaas Fokshof, 100 kilometer buite Grootfontein, […]

Read More

NamWater mik steeds vir Orano se ontsoutingsaanleg

NamWater het nie planne van die hand gewys om die Erongo-ontsoutings-aanleg, wat deur die Franse kern-energiemaatskappy Orano Group besit word, te bekom nie. Dit val saam met die planne van NamWater om sy eie ontsoutingsaanleg te bou om watervoorsiening in die Erongo-streek te vergroot. Die twee partye het ‘n tegniese adviseur aangestel om te verseker […]

Read More

Verskeping van graan in Swartsee is goeie nuus, maar…

Die Oekraïne kan in September drie miljoen ton graan uit sy hawens uitvoer en sal moontlik in die toekoms maandeliks vier miljoen ton daarvan kan uitvoer, het die adjunkminister van infrastruktuur, Yuriy Vaskov, gesê. Hy sê die Oekraïne het aansoeke ontvang vir 30 skepe om in die volgende twee weke graan uit te voer. Drie […]

Read More

Kortlys van NDF-rekrute vanoggend bekend

Die Namibiese-weermag het vandag die kortlys van sy nuwe rekrute in die regeringsdagblad gepubliseer. Daar is 206 rekrute vanuit elke streek behalwe Khomas waar 266 aangedui is, Ohangwena met 233 en Omusati met 239. Alle kandidate moet op 23 Augustus by hulle verskeie streke aanmeld vir geskrewe en fisiese toetse. Rekrute moet teen sewe-uur aanmeld en indien laat, sal hulle gediskwalifiseer word. Die werwingproses van die weermag […]

Read More

Kommer oor toenemende kinder-ontvoerings in Wes-Kaap

Die Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het sy kommer uitgespreek oor die toename in kinderontvoerings in die Wes-Kaap. Hy het gepraat ná die jongste voorval waarby ‘n sesjarige kind in Kensington betrokke was. Shanawaaz Asghar is op pad skool toe deur ses gewapende verdagtes ontvoer. Allen het ‘n beroep gedoen op enigiemand met inligting […]

Read More

Nog infrastruktuur word ontwikkel vir kommunale boere in die verre noorde

Ná die Vleisraad van Namibië se aanduiding dat die lewendehawe-bedryf in die noordelike kommunale gebiede baie goeie vordering maak, word verwag dat meer beleggings kan volg, veral wanneer die ekonomiese herlewing gestalte kry. Altesaam 3 212 beeste, 296 varke, 70 bokke en vyf skape is vanjaar tussen Januarie en April in die gebiede by veilings […]

Read More

Ekonomiese druk: Skuld neem toe, navrae oor berading ook

Verbruikers in Namibië het kommer met die stygende rentekoers wat gister deur die sentrale bank na 5,5 persent opgestoot is. Die prima uitleenkoers is tans 9,5 persent. Die ekonomie druk ook met baie hoë voedsel- en vervoerpryse. So ook in Suid-Afrika. Berigte uit die buurland lui dat navrae oor skuldberading het met 17 persent gestyg […]

Read More

Pence sal voor 6 Januarie-komitee getuig, indien hy gevra word

Die voormalige visepresident van Amerika, Mike Pence, sê indien hy gevra word, sal hy dit oorweeg om voor die 6 Januarie-kommissie te getuig oor verlede jaar se voorval by die kongresgebou. Die komitee het by ‘n openbare vergadering in Junie besonderhede verskaf oor hoe oudpresident Donald Trump Pence probeer oorreed het om sy plan te […]

Read More