DA eis beskerming van toeristegebiede

Die DA doen ‘n beroep op die ministers van polisie, Bheki Cele, en toerisme, Lindiwe Sisulu, om aan te kondig hoe hul beplan om toeristegebiede in die land te beskerm. Dit volg nadat ‘n Duitse toeris op die Numbi-pad naby Witrivier noord van Mbombela in Mpumalanga doodgeskiet is. Manny de Freitas van die DA sê die polisie moet die veiligheid en sekerheid van toeriste voorop stel, aangesien ‘n enkele misdadige voorval verwoestende gevolge vir internasionale toerisme kan hê.