Unam-studente se regte sal belemmer word

Reaksie word ontvang op die Universiteit van Namibië wat politieke aktiwiteite op al sy kampusse verbied het. Die leier van die LPM-jeugkommando, Junia Kaindjee, het vroeër die besluit beskryf as ‘n belediging vir studente se regte en vryhede. Hy het bygevoeg dit is soos om petrol op die vuur van die universiteit se akademiese verval te gooi. Dorothea Nangolo van die Namibië Nasionale Studente-organisasie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe die kwessie die regte van studente belemmer.