Man wat van terreur aangekla word, vra vir borg

Die terreur-aangeklaagde Jona Hangula sal op 20 Mei aansoek doen om borg. Hangula, 31, is reeds tien maande in aanhouding terwyl die ondersoek steeds voortduur. Hy staar ses terreur-verwante klagte in die gesig. Dit sluit in lidmaatskap van ‘n terreur-organisasie, die befondsing van terreur en die werf van lede vir ‘n terreur-organisasie. Die saak het volgens die adjunk-aanklaer-generaal Lourens Campher deur middel van intelligensie van die VSA, aan die lig gekom. Hy wou blykbaar basisse vir militante Islamitiese bewegings plaaslik stig en hy het blykbaar 6,5 miljoen Namibiese dollar van buite die land ontvang.