Nuwe Eskom-voorsitter sit strategie uiteen

Die nuut-aangestelde voorsitter van Eskom se raad, Mpho Makwana, het sy strategie uiteengesit om die huidige toestand van die kragvoorsiener om te keer. Makwana sê die verbetering van die beskikbaarheid van energie, wat tans op 59 persent staan, moet voorop gestel word. Makwana sê die uitdaging wat voorlê is om die land se opwekkings-eenhede tot 75 persent te herstel.