Varsity-betogings nou in Brittanje

Pro-Palestynse betogings by verskeie universiteite in Amerika, het nou ook na Brittanje uitgekring. Studente in Manchester, Leeds, Newcastle en Bristol het tente opgeslaan voor universiteitsgeboue en eis dat dié instellings maatskappye en individue met Israelse bande boikot. Ongeveer 50 studente betoog by die Universiteit van Manchester. Universities UK, wat 142 instellings verteenwoordig, sê universiteite werk hard om die regte balans te vind tussen die veiligheid van alle studente en personeel en vryheid van spraak op kampus.