Dit kos N$100 000 om ordentlike huis te bou – Letshego

Die beraad wat Letshego Bank Namibië in samewerking met die Afrika-unie vir Behuisingsfinansiering en ATENU-ontwikkelings gehou het, toon dat 100 000 Namibiese dollar voldoende fondse is om ‘n ordentlike huis in Havana op te rig op ‘n gedienste erf. Volgens die hoof uitvoerende beampte van die Letshego-groep Aupa Monyatsi is dit dus duidelik dat die groot uitdaging in Namibië nie huise is wat onbekostigbaar is nie, maar eerder dat mense dit nie kan bekostig nie. In sy mening word behuising op die vasteland as luuksheid beskou maar, dit moet eerder as noodsaaklikheid geag word. Hy sê om jou eie huis te kan koop of bou bied stabiliteit, finansiële sekuriteit, volhoubaarheid en waardigheid.