Cyril wag nog vir Phala Phala-verslag na hy verskyn het

President Cyril Ramaphosa sê hy het ‘n goeie ontmoeting met die ANC-integriteitskommissie oor die Phala Phala-saak gehad. Die president het aan die party se etiese komitee verslag gedoen oor die diefstal in 2020 op sy plaas in Limpopo waar na bewering miljoene in buitelandse geldeenhede gesteel is. Die gewese hoof van Staatsekerheid, Arthur Fraser, het aangevoer die president was deel van ‘n plan om die diefstal toe te smeer deur die oortreders om te koop. Ramaphosa sê hy wag nog op die kommissie se verslag: