Cyril vol vertroue dat ANC meerderheid sal vat

Die ANC-president Cyril Ramaphosa het weereens sy vertroue uitgespreek dat die party meer as 50-persent van die stemme sal kry in die komende algemene verkiesing. Hy het gister Cosatu se hoof- Meidag-saamtrek in die Wes-Kaap toegespreek. Die jongste opname deur die marknavorsingsfirma Ipsos, wat verlede week uitgereik is, voorspel die regerende party gaan 40,2-persent van die stemme kry. Ramaphosa sê die ANC het oor die afgelope 30 jaar bewys hy gee om vir die mense van hierdie land: