Katar sal heel eerste tydelike Sokker-wêreldbekerstadion hê

Sokker: Die Fifa Wêreldbekertoernooi begin volgende maand in Katar en dit sal die eerste keer wees dat ‘n Midde-Oosterse land die toernooi aanbied. Wedstryde sal op agt stadions gespeel word, waarvan sewe nuut gebou is. Een van die mees vernuwende stadions is Stadion 974, ‘n tydelike stadion gemaak van 974 herwinde skeepsvrag-houers. Dit is die eerste tydelike stadion in Wêreldbeker-geskiedenis wat ná die toernooi gesloop sal word. Daar word beplan om dit in Uruguay te herbou om wedstryde in 2030 se Wêreldbeker-toernooi aan te bied indien die land se bod slaag.