AfroBarometer: Minder Namibiërs verkies demokrasie

Die Namibiese regering verwelkom die Ghana-gebaseerde AfroBarometer-verslag, ‘n opname oor demokrasie, regering en lewenskwaliteit. Volgens die verslag ervaar meer as 80 persent Namibiërs vryheid van uitdrukking, 90 persent voel vry om by enige politieke party van hul keuse aan te sluit of in ‘n verkiesing te stem sonder om enige druk te ervaar. Tog lui die verslag dat 76 persent Namibiërs wat in 2014 demokrasie verkies het, gedaal het tot 55 persent in 2021. Sowat 40 persent glo die regering bevorder gelyke regte vir vroue en 60 persent glo dat kinders beskerm word.