N$155m DBN-lening was nodig of, daar was in ’24 beurtkrag

Stad Windhoek sê die lening van 155 miljoen Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbank was broodnodig anders sou Stad Windhoek beurtkrag in 2024 ervaar het. Volgens Lydia Amutenya, woordvoerder by die stad, toon die stad se berekenings dat daar oor die volgende vyf jaar ‘n groot toename in huishoudings in die hoofstad sal wees wat die vraag na krag skerp sal laat styg. Amutenya sê NamPower meen die substasie sal tussen 42 en 48 maande vat om die voltooi en daarom die lening nou.