DA: Gauteng premier hadloop weg van mosie van wantroue

Die DA in Gauteng sê die premier, David Makhura, hardloop weg van die party se mosie van wantroue wat hierdie maand gedebatteer sou word. Die provinsiale wetgewer het ‘n kennisgewing uitgereik vir ‘n spesiale sitting wat môre gehou sal word om ‘n nuwe premier te benoem en te verkies ná Makhura se bedanking. Die DA-lid, Solly Msimanga, sê die party het die mosie na die wetgewer gebring omdat inwoners van die provinsie nie die dienslewering ontvang wat hulle verdien nie.