Chauvin moet 8 weke wag vir vonnis

Die voormalige polisiebeampte van Minneapolis, Derek Chauvin, sal agter tralies bly totdat hy oor ongeveer agt weke gevonnis sal word vir die moord op George Floyd. Chauvin is skuldig bevind op aanklagte van tweedegraadse moord, derdegraadse moord en manslag. Regter Peter Cahill het Chauvin se borgtog ná die uitspraak herroep en hy kan tronkstraf van […]

Read More

Kaapse diere het groot nood

Dierewelsyns-inspekteurs in Kaapstad soek na beseerde en diere wat ly, nadat die verwoestende brand op Tafelberg onder beheer gebring is. Die Woordvoerder van die Kaapse Goeie Hoop-DBV, Belinda Abraham, sê hul soektog na enige vorm van lewe is traumaties omdat hulle ook die verkoolde oorskot van verskeie diere vind. Sy het inwoners van Kaapstad naby […]

Read More

IPC verloor 12 lede

Twaalf lede van die Onafhanklike Patriotte vir Verandering, die IPC, het bedank. Die 12 is van die Ruacana kantoor van die party. Hulle sê die party-leier Dr Panduleni Itula is ‘n diktator wat besluite op sy eie maak en verder, die leierskap bestaan uit sekere vriende en die res is onbelangrik. Hulle beweer ook dat […]

Read More

Baie huise word gebou, maar waarde is laag

Meer inligting is bekend oor die bouplanne wat in Maart in Windhoek goedgekeur is. Nuwe wonings het die tweede grootste bydrae gelewer, naas aanbouings by bestaande wonings. Volgens IJG Sekuriteite is 81 nuwe eenhede met ‘n waarde van 86,9 miljoen doller goedgekeur. Dit is ‘n 728,4 persent toename teenoor die waarde in Maart verlede jaar. […]

Read More

Kommer oor plaagdoder

Reaksie word ontvang op die hoë vlakke van toksisiteit van die insekdoder wat in die noorde gebruik word om die sprinkaanplaag te beheer. Boere is gewaarsku om diere vir 21 dae uit die gebiede wat besproei is te hou en die gif is ook skadelik vir mense. Dr Cornelis van der Waal, ‘n Grasland Spesialis […]

Read More

Polisie sal orde handhaaf by LPM-optog

Die Khomas polisie is gereed om orde te handhaaf tydens vanmiddag se optog deur die Grondlose Mense Beweging. Die party ruk op na die Tintinpalast ter ondersteuning van sy leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb. Die gebou en die tuine is afgesper en Robert Mugage-rylaan is ook op die oomblik gesluit. Die party Woordvoerder Joyce […]

Read More

Dan en Midge… wat ‘n verhaal…

‘n Ohio polisiehoof Dan McClelland is op die ouderdom van 67 oorlede na ‘n lang stryd met kanker. McClelland, 67 jaar oud, het internasionaal die nuus gehaal met sy Chihuahua-kruising Midge, wat ‘n gesertifiseerde polisiehond was en in 2006 die Guiness Rekordboek gehaal het as die wêreld se kleinste polisiehond. Hulle het 10 jaar saam […]

Read More

‘LAC’ teleurgesteld in Lühl beslissing

Die Namibiese Regshulpsentrum het in ‘n verklaring sy teleurstelling uitgespreek oor die beslissing van die Hoërhof in die aansoek deur Phillip Lühl. Volgens die sentrum, het heteroseksuele paartjies voorheen gebruik gemaak van die wetgewing in verband met surrogaatskap in Suid-Afrika, omdat Namibië geen wetgewing in die verband het nie, en ook geen probleem gehad om […]

Read More

AR-vakbond kan aktief raak

Die Regstellende Herposisionering Beweging se aansoek by die Ministerie van Arbeid vir die stigting van die Revolusionêre Vakbond is nog nie goedgekeur nie maar die beweging werf reeds lede en het vroeër gesê die vakbond sou op 20 April van stapel gestuur word. Volgens die Woordvoerder van die AR, Simon Amunime, werf hulle wel lede […]

Read More

Heineken gaan groen

Die internasionale bierbrouer Heineken het sy oogmerk herhaal om teen 2030 geen koolstof meer tydens sy produksieproses vry te stel nie. Hy wil ook hê sy hele waardeketting moet teen 2040 koolstof-vry wees. Heineken sê hy wil in samewerking met sy verskaffers sy koolstofvrystelling regoor sy waardeketting met 30 persent besnoei. Die maatskappy sal die […]

Read More