Netwerk Namibië bied sake-ontbyt met bekroon landbou-ekonoom aan

Die bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom en rubriekskrywer vir Landbouweekblad en Sake24, professor Johan Willemse, is op Donderdag 3 November die gasspreker by ’n sake-ontbyt in Windhoek wat deur Netwerk Namibië aangebied word. Hy sal makro-ekonomiese tendense bespreek en raad gee hoe om ‘n sake-onderneming in die lig hiervan, te posisioneer. Hy is reeds twee […]

Read More

Sterkte aan graad 11’s en 12’s sterkte met hul eindeksamens

Die jaar is byna op sy rug met Namibiese graad 11- en 12-leerders wat hul eindeksamens begin skryf. Die graad 11’s het reeds met hul eksamens begin. Die graad 12’s wens hul formele skoolonderrig vaarwel toe en sal hul eindeksamen skryf wat hul toekoms sal bepaal. Die graad 12’s se eksamen skop volgende Dinsdag af. […]

Read More

EIF befonds Okongo-gemeenskapswoud se akkerbouprojek met N$3 miljoen

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het die Okongo-gemeenskapswoud se akkerbouprojek aan die gemeenskap van Okongo in die Ohangwena-streek oorhandig om beheer van die projek te neem. Die Okongo-gemeenskapswoud is in 1997 gestig, maar die Omgewingsbelegginsfonds van Namibië, die EIF, het ingespring om die projek van Augustus 2019 tot Augustus 2021 ten bedrae van 3 miljoen […]

Read More

Oproepe vir heroorweging van invoertariewe op pluimvee in SA

Daar is oproepe vir die algehele heroorweging van invoertariewe op pluimvee in Suid-Afrika. Die Vleis-in- en uitvoerdersvereniging voer aan invoerbelasting is net nog ‘n vorm van belasting wat verbruikers nie sal kan dra nie. ‘n Verslag dui aan dat invoerbelasting op heel bevrore hoender en nie-ontbeende stukke tussen 2013 en 2022 verdriedubbel het, wat die […]

Read More

Europese Kommissie kondig nuwe noodpakket aan vir energiekrisis

Die Europese Kommissie het ‘n nuwe noodpakket aangekondig om die energiekrisis te takel, asook stappe om solidariteit tussen lidlande te versterk. Die Europese Kommissie het vandag maatreëls voorgestel om uiterste prysstygings in energie te vermy en om die EU se gesamentlike koopkrag te gebruik as ‘n hefboom in onderhandelinge met globale gasverskaffers. Die blok se […]

Read More

Springbokke nie op volle sterkte vir Engeland-toets

Rugby: Die Springbokke gaan volgende maand ‘n moeilike jaareinde-toer na die noordelike halfrond tegemoet. Hulle gaan vier toetse op agtereenvolgende Saterdae speel – teen Ierland in Dublin, Frankryk in Marseille, Italië in Genoa en Engeland op Twickenham in Londen. Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het vroeër bevestig die spelers wat in Japan gesetel is mag aan […]

Read More

Spar Hentiesbaai heropen sy deure op 30 November 

Spar Hentiesbaai open net voor die Desembervakansie weer sy deure op 30 November nadat die winkel op 27 Maart tot op die grond afgebrand het. Die brand by Hentiesbaai se Spar het groot skade berokken en was die grootste ramp tot op hede vir die kusdorp. Spar Hentiesbaai se bestuurder, Karel Agenbag, sê aan Kosmos […]

Read More

Namibiërs se geestesgesondheid in NV bespreek

Een van die grootste uitdagings in Namibië op die oomblik is Namibiërs se geestesgesondheid. Vanaf Januarie 2021 tot Julie 2022 het Namibië 790 mense weens selfmoord verloor. Tydens die Nasionale Vergadering vandag het parlementslede die kwessie aangespreek in die hoop om ‘n oplossing te probeer vind. Swapo-parlementslid Juliet Kavetuna sê dit is ‘n moet dat […]

Read More

Nanso: Eers elektristeit by skole, dan gratis WiFi

Die president van Namibiese Nasionale Studente-organisasie Nanso, Lucia Ndishishi, het saam met haar span ‘n aanbieding gehou oor die haalbaarheid en implementering van gratis Wi-Fi in Namibiese skole. Die span het ‘n gedetailleerde implementeringstrategie aan die Parlementêre Staande Komitee oor Inligting, Kommunikasie, Tegnologie en Innovasie voorgelê. Nanso is egter van mening dat die kwessie van […]

Read More

Konserwatiewe Party soek Boris Johnson terug

Die meerderheid lede van Brittanje se regerende Konserwatiewe Party wil hê Boris Johnson moet terugkeer na Downingstraat 10. ‘n Peiling deur YouGov het gevind 55 persent van die party se lede wil hê Liz Truss moet as premier verwyder word, slegs ses weke nadat sy ingestem is. Haar posisie hang volgens berigte aan ‘n draadjie […]

Read More