Springbokke nie op volle sterkte vir Engeland-toets

Rugby: Die Springbokke gaan volgende maand ‘n moeilike jaareinde-toer na die noordelike halfrond tegemoet. Hulle gaan vier toetse op agtereenvolgende Saterdae speel – teen Ierland in Dublin, Frankryk in Marseille, Italië in Genoa en Engeland op Twickenham in Londen. Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het vroeër bevestig die spelers wat in Japan gesetel is mag aan die laaste toets teen Engeland deelneem wat buite die internasionale venster val.