Australië kan nog halfeindronde van T20 haal

Krieket: Die gasheer, Australië, kan steeds die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi bereik na hy Afganistan in Adelaide met slegs vier lopies verslaan het. Die Aussies het 168 vir agt aangeteken danksy ‘n onoorwonne 54 deur Glenn Maxwell en 45 deur Mitchell Marsh. Rashid Khan het 48 van net 23 balle gemoker, maar Afganistan kon net […]

Read More

Ambagsmynbou onder die loep in SA

Die burgemeester van Mogale City, Tyrone Gray, sê dit is tyd dat die regering ambagsmynbou formaliseer. Dit volg nadat 21 liggame hierdie week in ‘n myn in Krugersdorp gevind is. Gray sê dit is ‘n moontlike oplossing om onwettige mynbou hok te slaan. Die polisie het intussen aangedui dat geen gemene spel vermoed word nie. […]

Read More

Geen petrol op Usakos

Die kwessie van ‘n tekort aan diesel in die land soos deur die loop van die week berig en deur Namcor ontken is, is weer in die nuus, maar dié keer weens ‘n tekort aan petrol. ‘n Kosmos 94.1-luisteraar, Ronel Peters, rapporteer dat sy ‘n skok gekry het toe sy van Windhoek na Swakopmund gery […]

Read More

Brandstof kan in Desember weer skerp in SA styg

Alle aanduidings is dat petrol en diesel weer Desember skerp in die buurland sal styg. Die jongste data van die Sentrale Energiefonds dui aan dat die volgende styging in brandstofpryse gegrond op onderverhalings op 7 Desember, verwag kan word: Petrol kan met 1 Suid-Afrikaanse rand 25 sent per liter styg, diesel tussen 60 en 69 […]

Read More

Greta Thunberg gaan nie COP27 in Egipte bywoon

Die Sweedse omgewingsaktivis Greta Thunberg sê sy boikot die COP27 Klimaatsberaad wat van 6 tot 18 November in Egipte aangebied word. Thunberg sê die beraad word in ‘n toeristeparadys gehou terwyl basiese menseregte geskend word. Thunberg het aan ‘n protesoptrede in Londen teen die gevangenisskap van pro-demokratiese aktivis Alaa El-Fattah deelgeneem. Hy dien tans vyf […]

Read More

Banyana Banyna kry uiteindelik hul wengeld

Sokker: Suid-Afrika se beheerliggaam, Safa, het aangekondig 23 Banyana Banyana-spelers en 12 ondersteunings-personeellede het almal hul betalings ontvang nadat hulle in Julie as die kampioen bekroon is op die Afrika-bekertoernooi vir Vroue. Safa se finansiële hoof, Gronie Hluyo, sê hulle het elk ‘n gelyke deel van die aansporingsbedrag van 15 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang. Hluyo […]

Read More

Geen ingewandskoors in Gauteng

Die gesondheidsdepartement van Stad Tshwane het gerugte oor ʼn uitbreking van ingewandskoors in Gauteng ontken. Ingewandskoors is ook bekend as tifuskoors en is ʼn sistemiese siekte wat veroorsaak word deur ʼn bakteriële infeksie wat versprei word deur besmette kos of water. Die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid in Tshwane, Rina Marx, sê die gerugte is nie op […]

Read More

Veeslagtings neig afwaarts sedert April

Plaaslike veeslagtings bly op ‘n afwaartse neiging sedert April 2022, waar beesslagting met 23,8 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem het, die slagting van skape met 14 persent, bokke met 96 persent en varke met 2,9 persent in September 2022. Aan die ander kant, sê Simonis Storm, is uitvoere op die hoef steeds aansienlik hoër in […]

Read More

 Publiek peper Nampol met vrae

Misdaad het by die Goethe-instituut onder die loep gekom tydens ‘n gesprek gereël deur die Namibiese Instituut vir Demokrasie in vennootskap met die Hanns Seidel-stigting. Die jongste ontwikkelings en neigings is bespreek en lede van die publiek het die geleentheid gekry om vrae aan Nampol en die Namibiese Korrektiewe Dienste te vra. Nampol se woordvoerder, […]

Read More

Ramaphosa sal Sondag verslag oor Phala Phala doen 

Die Suid-Afrikaanse presidensie sê President Cyril Ramaphosa sal Sondag se sperdatum nakom om te reageer op vrae van parlementslede oor die diefstal op die plaas Phala Phala. Ramaphosa is aanvanklik tien dae gegun om aan ‘n onafhanklike paneel verslag te doen oor die beweerde diefstal van miljoene rand op sy plaas in Limpopo. Die presidensiële […]

Read More