Namibiërs se geestesgesondheid in NV bespreek

Een van die grootste uitdagings in Namibië op die oomblik is Namibiërs se geestesgesondheid. Vanaf Januarie 2021 tot Julie 2022 het Namibië 790 mense weens selfmoord verloor. Tydens die Nasionale Vergadering vandag het parlementslede die kwessie aangespreek in die hoop om ‘n oplossing te probeer vind. Swapo-parlementslid Juliet Kavetuna sê dit is ‘n moet dat geestesgesondheidskwessies oral aangespreek moet word, insluitend in die werksplek.