Spar Hentiesbaai heropen sy deure op 30 November 

Spar Hentiesbaai open net voor die Desembervakansie weer sy deure op 30 November nadat die winkel op 27 Maart tot op die grond afgebrand het. Die brand by Hentiesbaai se Spar het groot skade berokken en was die grootste ramp tot op hede vir die kusdorp. Spar Hentiesbaai se bestuurder, Karel Agenbag, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is baie opgewonde oor die heropening.