Europese Kommissie kondig nuwe noodpakket aan vir energiekrisis

Die Europese Kommissie het ‘n nuwe noodpakket aangekondig om die energiekrisis te takel, asook stappe om solidariteit tussen lidlande te versterk. Die Europese Kommissie het vandag maatreëls voorgestel om uiterste prysstygings in energie te vermy en om die EU se gesamentlike koopkrag te gebruik as ‘n hefboom in onderhandelinge met globale gasverskaffers. Die blok se uitvoerende arm wil ook ‘n nuwe vloeibare aardgas-indeks bekendstel om die streek se energie-realiteit beter te weerspieël na ‘n besnoeiing in die voorsiening van pypleidinggas uit Rusland. President van die EU, Ursula von der Leyen praat tydens die mediakonferensie …