Oproepe vir heroorweging van invoertariewe op pluimvee in SA

Daar is oproepe vir die algehele heroorweging van invoertariewe op pluimvee in Suid-Afrika. Die Vleis-in- en uitvoerdersvereniging voer aan invoerbelasting is net nog ‘n vorm van belasting wat verbruikers nie sal kan dra nie. ‘n Verslag dui aan dat invoerbelasting op heel bevrore hoender en nie-ontbeende stukke tussen 2013 en 2022 verdriedubbel het, wat die prys skerp laat styg het. Die vereniging se uitvoerende hoof, Paul Matthew, sê gegewe die hoë inflasie, moet die regering verseker dié basiese bron van proteïene bly binne die bereik van die kwesbaarstes in die samelewing.