Sterkte aan graad 11’s en 12’s sterkte met hul eindeksamens

Die jaar is byna op sy rug met Namibiese graad 11- en 12-leerders wat hul eindeksamens begin skryf. Die graad 11’s het reeds met hul eksamens begin. Die graad 12’s wens hul formele skoolonderrig vaarwel toe en sal hul eindeksamen skryf wat hul toekoms sal bepaal. Die graad 12’s se eksamen skop volgende Dinsdag af. Hawie Engels, die skoolhoof van Windhoek Hoërskool wens al die graad 11’s en 12’s sterkte toe.