EIF befonds Okongo-gemeenskapswoud se akkerbouprojek met N$3 miljoen

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het die Okongo-gemeenskapswoud se akkerbouprojek aan die gemeenskap van Okongo in die Ohangwena-streek oorhandig om beheer van die projek te neem. Die Okongo-gemeenskapswoud is in 1997 gestig, maar die Omgewingsbelegginsfonds van Namibië, die EIF, het ingespring om die projek van Augustus 2019 tot Augustus 2021 ten bedrae van 3 miljoen Namibiese dollar te befonds. Die projek het die potensiaal om die lewens van die mense te verander deur inkomste in te win, om sodoende armoede en werkloosheid te beveg.