Konserwatiewe Party soek Boris Johnson terug

Die meerderheid lede van Brittanje se regerende Konserwatiewe Party wil hê Boris Johnson moet terugkeer na Downingstraat 10. ‘n Peiling deur YouGov het gevind 55 persent van die party se lede wil hê Liz Truss moet as premier verwyder word, slegs ses weke nadat sy ingestem is. Haar posisie hang volgens berigte aan ‘n draadjie oor haar hantering van die mini-begroting. Altesaam 63 persent van partylede meen Truss se voorganger, Johnson, moet weer hul leier wees, terwyl Rishi Sinak, wat teen haar verloor het in die leierskapstryd, ook bo haar verkies word.