Springbokke hou oefenkamp in Stellenbosch

Rugby: Die Springbokke begin Sondag met ‘n driedaagse oefenkamp in Stellenbosch ter voorbereiding vir hulle jaareind-toer. Die groep sluit 17 spelers in wat in Suid-Afrika speel, en nege van Japan. Almal het deelgeneem aan die reeks teen Wallis en die Rugby-kampioenskap. Die Bokke kom volgende maand teen Ierland, Frankryk, Italië en Engeland te staan. Spelers […]

Read More

Saftu gaan môreaand by Eskom-hoofkantoor betoog

Die vakbondfederasie Saftu het bevestig hy gaan môreaand voor Eskom se hoofkantoor,  Megawattpark, in Sunninghill, Gauteng, betoog teen die aanhoudende kragonderbrekings. Saftu se nasionale woordvoerder, Trevor Shaku, sê die betoging sal ook die privatisering van Eskom teenstaan. Hy sê die huidige krisis is deels te wyte aan huidige wanbestuur, en deels aan ‘n hoogtepunt van […]

Read More

Drie stakers terug op hul pos by Cheetah Cement

Drie stakende werknemers van Cheetah Cement buite Otjiwarongo is sonder enige klagte op waarskuwing deur die Namibiese polisie vrygelaat en weer terug op hul pos by die staking. Die streek se adjunk-tesourier van die Mynwerkersunie van Namibië, Philemon Shipanga, MUN Cheetah Cement se tak-koördineerder, Nafital Nghipitwako en nog ‘n werknemer, Johannes Willem, is Maandag deur […]

Read More

Stad Tshwane: Bespaar water tyens fase 4-beurtkrag

Stad Tshwane sê Eskom se aankondiging van fase vier-beurtkrag maak dit nog belangriker vir die metro om water te bespaar. Inwoners en sakeondernemings in Pretoria se waterverbruik bly weekliks hoog, ondanks die stad se versoek dat water spaarsaam gebruik moet word. Die  burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste en streeks-ondernemings, Daryl Johnston, sê verskeie gebiede oorskry steeds verbruiksperke.

Read More

Vier Wes-Afrikalande veg vir billike kakaopryse

Die vereniging van die kakao-sektor in vier Wes-Afrikaanse lande kan op die kaart wees nadat Kameroen en Nigerië amptelik aansoek gedoen het om lidmaatskap van die Ivoorkus-Ghana Kakao-inisiatief. Kameroen en Nigerië verteenwoordig albei sowat 15 persent van wêreldproduksie. As hulle by Ivoorkus en Ghana aansluit, sal dit 75 persent van wêreldproduksie wees, sê die uitvoerende […]

Read More

Capricorn-stigting skenk groot aan EduVision

Die Capricorn-stigting stel EduVision in staat om akademiese wanbalanse tussen stedelike en afgeleë skole in Namibië te verminder. Landelike staatskole in Namibië staar steeds talle uitdagings in die gesig wat skole se prestasie en die gehalte van onderwys beïnvloed. ‘n Gebrek aan behoorlike infrastruktuur, bekwame onderwysers en onderrigmateriaal is enkele voorbeelde. Die EduVision-projek spreek die […]

Read More

DA: Moord op Duitse toeris ‘n knou vir SA toerisme

Die DA sê die tragiese moord op ‘n Duitse toeris vroeër die maand in Mpumalanga naby die Kruger-wildtuin, het internasionale toerisme na Suid-Afrika ‘n knou toegedien. Baie operateurs en toeriste het hul reise na die land gekanselleer as gevolg daarvan. Manny de Freitas van die DA sê die party het die regering gewaarsku dié een […]

Read More

‘Geleende’ polisievoertuig teruggevind 

Die Namibiese polisie het die voertuig opgespoor wat vir byna twee jaar lank deur ‘n sersant van die Namibiese polisiekollege “geleen” is. Die voertuig is vandag by die staatsgarage in die Noordelike Nywerheidsgebied gevind waar dit geparkeer is. Die sersant het glo die VW Jetta 6 in Januarie 2021 uitgeboek en 3 000 kilometer met […]

Read More

AfriForum veroordeel Dis-Chem se personeelbeleid

AfriForum sê hy veroordeel Dis-Chem se rassistiese personeelbeleid ten sterkste. Dit volg nadat die uitvoerende hoof, Ivan Saltzman, ‘n interne brief uitgereik het wat ‘n moratorium plaas op die aanstelling of bevordering van witmense. Die burgerregte-organisasie moedig sy meer as 308 000 lede aan om eerder gemeenskaps-apteke te ondersteun. Ernst van Zyl van AfriForum sê […]

Read More

WGO: Ses Ebola-entstowwe word vir Sudan-stam ontwikkel

Die Serum-instituut van Indië sê hy beplan om ongeveer 30 000 dosisse van ‘n eksperimentele Ebola-entstof te vervaardig. Dit volg op die huidige uitbreking in Uganda, wat vermoedelik die Sudan-stam is. Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheids-organisasie, Tedros Ghebreyesus, sê die kliniese proewe van twee entstowwe kan begin hangende die Ugandese regering se goedkeuring. Die WGO […]

Read More