Nanso: Eers elektristeit by skole, dan gratis WiFi

Die president van Namibiese Nasionale Studente-organisasie Nanso, Lucia Ndishishi, het saam met haar span ‘n aanbieding gehou oor die haalbaarheid en implementering van gratis Wi-Fi in Namibiese skole. Die span het ‘n gedetailleerde implementeringstrategie aan die Parlementêre Staande Komitee oor Inligting, Kommunikasie, Tegnologie en Innovasie voorgelê. Nanso is egter van mening dat die kwessie van skole wat nie elektrisiteit het nie, eers aangespreek moet word voordat gratis Wi-Fi geïmplementeer word. Nanso se sekretaris van inligting, Dorothea Nangolo, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.