Geen ingewandskoors in Gauteng

Die gesondheidsdepartement van Stad Tshwane het gerugte oor ʼn uitbreking van ingewandskoors in Gauteng ontken. Ingewandskoors is ook bekend as tifuskoors en is ʼn sistemiese siekte wat veroorsaak word deur ʼn bakteriële infeksie wat versprei word deur besmette kos of water. Die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid in Tshwane, Rina Marx, sê die gerugte is nie op feite gegrond nie en skep onnodige paniek onder inwoners.