!Gawaxab bly aan die stuur: Bank van Namibië

Die Bank van Namibë het aangekondig dat hy voortgaan onder leiding van sy goewerneur, Johannes !Gawaxab, om te voldoen aan alle aspekte van sy grondwetlike mandaat. Dit kom na !Gawaxab en die Namibië Mededingingskommissie buite die hof geskik het oor ‘n besigheid-samesmelting sonder goedkeuring. Die bank se direksie het ‘n spesiale vergadering belê om die aangeleentheid en die implikasies daarvan te beoordeel. Die raad, die uitvoerende lede uitgesluit, het onafhanklike regsmening ingewin en bepaal dat die skikking nie die Bank van Namibië Wet van 2020 oortree nie. Die bank sê in ‘n verklaring hy bly gefokus op sy missie, met !Gawaxab se leierskap wat ‘n deurslaggewende rol speel om uitdagings te navigeer en die Bank te stuur.