VSA-beraad weier toegang aan vier Afrikalande 

Die Verenigde State het Mali, Burkina Faso, Soedan en Guinee toegang geweier tot die komende driedaagse VSA-Afrika-beraad vanaf 13 tot 15 Desember in Washington. ‘n Senior raadgewer van die Nasionale Veiligheidsraad vir die VSA-Afrika-leiersberaad, Dana Banks, sê die VSA sal 49 Afrika-staatshoofde en die Afrika-unie-gesant verwelkom in ‘n poging om bande met Afrika te versterk. […]

Read More

Springbok Sewes se groep verander vir Dubai

Rugby: Die afrigter van die Springbok Sewes, Sandile Ngcobo, het verskeie veranderings aan sy groep aangebring vir die toernooi in Dubai, met die nuwelinge, Masande Mtshali en Ricardo Duarttee, in die groep ingesluit. Zain Davids, Muller du Plessis en James Murphy het van hulle beserings herstel en Dalvon Blood sal ook in sy tweede toernooi […]

Read More

DA veroordeel hoë misdaadstatistieke in Gauteng 

Die DA in Gauteng sê miljoene inwoners in die provinsie loop daagliks gevaar om misdaad eerstehands te beleef, aangesien die jongste misdaadstatistieke geen verbetering weerspieël nie. ʼn Woordvoerder van die DA, Crezane Bosch, sê Gautengse polisiestasies oorheers die nasionale top 30 polisiekantore op ʼn verstommende skaal wanneer dit by die aanmelding van misdaad kom. Volgens […]

Read More

Pupkewitz-stigting bou aan by Onandjokwe-hospitaal

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het vandag die departementshoofde se kantore by die Onandjokwe-hospitaal in Onipa in die Oshikoto-streek ingehuldig. Die kantore is ten bedrae van 2,7 miljoen Namibiese dollar deur die Pupkewitz-stigting geborg. Die kantore sluit aan by die hoofhospitaal, wat een van die oudste hospitale in die land is en maak voorsiening […]

Read More

COPE veroordeel korrektiewe dienste se appèl oor Zuma 

COPE het die besluit veroordeel van die departement van korrektiewe dienste om te appelleer teen die Appèlhof se beslissing dat oudpresident Jacob Zuma se mediese parool onwettig toegestaan is. Die party sê hy sal nooit daartoe saamstem dat belastingbetalers se geld op so ’n roekelose wyse vermors word nie. Die woordvoerder van COPE, Dennis Bloem, […]

Read More

Afrika Ontwikkelingsbank steun Liberiese landbousektor

Die Afrika Ontwikkelingsbank het finansiering vir die Noodvoedsel-produksieprogram in Liberië goedgekeur. Dit baan die weg vir die regering om boere te ondersteun namate hulle klimaatbestande voedselproduksie verhoog en die impak van die voortslepende oorlog in die Oekraïne versag. Die befondsing sluit ‘n toelae van 2,28 miljoen Amerikaanse dollar en ‘n lening van 2,84 miljoen dollar […]

Read More

Springbokke wil hardlooprugby speel

Rugby: Die Springbokke sal graag hulle seisoen op ʼn wennoot wil afsluit wanneer hulle Saterdag op Twickenham teen Engeland speel. Die Bokke het beïndruk toe hulle teen Frankryk en Italië wyd gespeel en die bal uitgegee het, nes hulle spel in 2019 se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland. Die senter Damian de Allende sê hulle wil altyd […]

Read More

Betaal jou belasting, dit word tot jou voordeel gebruik

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se veldtog vir belasting invordering duur voort. ‘n Openbare vergadering is op Otjiwarongo gehou met kommissaris Sam Shivute wat sakelui, staatsamptenare en politici toegespreek het nie net oor belasting nie maar ook die doelwitte van die direktorate van doeane en aksyns. Volgens Shivute moet NamRA inkomste vir die staat invorder uit […]

Read More

Vroue en jeug se rol in Afrika-handel in die soeklig

Die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika in samewerking met die Namibiese handelsministerie het ‘n inligtingsessie oor die Vroue en Jeug in Handel-protokol in Windhoek aangebied. Die sessie is gereël as ‘n opvolg van die bekendstelling van Namibië se Nasionale Implementeringstrategie en Aksieplan vir 2022-2027 van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied. Meer as 100 deelnemers […]

Read More

‘Beurtkrag’ in Tanzanië as gevolg van droogte

Die Tanzania Electric Supply Company het roterende kragonderbrekings ingestel weens ‘n afname in hidro-kragopwekking. Die besturende direkteur, Maharage Chande, sê sekere gebiede sal onderbrekings van tot nege ure ondervind. Chande sê die langdurige droogte en deurlopende instandhouding in van die aanlegte is van die grootste redes wat tekorte in opwekking veroorsaak. Die land probeer sy […]

Read More