Australië kan nog halfeindronde van T20 haal

Krieket: Die gasheer, Australië, kan steeds die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi bereik na hy Afganistan in Adelaide met slegs vier lopies verslaan het. Die Aussies het 168 vir agt aangeteken danksy ‘n onoorwonne 54 deur Glenn Maxwell en 45 deur Mitchell Marsh. Rashid Khan het 48 van net 23 balle gemoker, maar Afganistan kon net by 164 vir sewe uitkom. Nieu-Seeland het reeds vir die uitklopronde gekwalifiseer boaan Groep 1, met Australië tans tweede, maar Engeland sal die gasheer uitskakel as hy Sri Lanka môre verslaan.