Geen petrol op Usakos

Die kwessie van ‘n tekort aan diesel in die land soos deur die loop van die week berig en deur Namcor ontken is, is weer in die nuus, maar dié keer weens ‘n tekort aan petrol. ‘n Kosmos 94.1-luisteraar, Ronel Peters, rapporteer dat sy ‘n skok gekry het toe sy van Windhoek na Swakopmund gery het en ontdek het dat Usakos geen petrol by hul vulstasies het nie. Sy maan dus diegene wat op daardie pad reis, om vooraf voorsiening te maak.