Greta Thunberg gaan nie COP27 in Egipte bywoon

Die Sweedse omgewingsaktivis Greta Thunberg sê sy boikot die COP27 Klimaatsberaad wat van 6 tot 18 November in Egipte aangebied word. Thunberg sê die beraad word in ‘n toeristeparadys gehou terwyl basiese menseregte geskend word. Thunberg het aan ‘n protesoptrede in Londen teen die gevangenisskap van pro-demokratiese aktivis Alaa El-Fattah deelgeneem. Hy dien tans vyf jaar tronkstraf uit nadat hy in Egipte aan die verspreiding van vals nuus skuldig bevind is. Thunberg en ook kritiek uitgespreek teen die COP-berade en sê dit werk nie regtig tensy dit gebruik word as geleenthede om te mobiliseer nie.