Publiek peper Nampol met vrae

Misdaad het by die Goethe-instituut onder die loep gekom tydens ‘n gesprek gereël deur die Namibiese Instituut vir Demokrasie in vennootskap met die Hanns Seidel-stigting. Die jongste ontwikkelings en neigings is bespreek en lede van die publiek het die geleentheid gekry om vrae aan Nampol en die Namibiese Korrektiewe Dienste te vra. Nampol se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die publiek het hul frustrasies oor Nampol gedeel.