Veeslagtings neig afwaarts sedert April

Plaaslike veeslagtings bly op ‘n afwaartse neiging sedert April 2022, waar beesslagting met 23,8 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem het, die slagting van skape met 14 persent, bokke met 96 persent en varke met 2,9 persent in September 2022. Aan die ander kant, sê Simonis Storm, is uitvoere op die hoef steeds aansienlik hoër in vergelyking met uitvoere ‘n jaar gelede. Beesuitvoere het in September 2022 met 34,5 persent op ‘n jaargrondslag gedaal, maar skaapuitvoere het met 48,9 persent gestyg en bokuitvoere met 33,39 persent. ’n Verbod op veebewegings in Suid-Afrika gedurende die derde kwartaal het ook ’n knou op die prestasie van uitvoere op die hoef geplaas in ’n tyd toe die vraag van voerkrale vir die feesseisoen hoog was, volgens die Vleisraad.