N$2m vir straatkinders

Die Ministerie van Geslagsgelykheid in die Presidensie het 2 miljoen Namibiese doller begroot om kinders op die straat na ‘n regeringsplaas Kaukurus te verskuif. Die minister, Doreen Sioka het die aankondiging gemaak. Sy sê saam met beplanning en logistieke ondersteuning sal die kinders versorg en beskerm word. Die kwessie van straatkinders, veral in die hoofstad, […]

Read More

Ekonomiese herstel gaan nog lank vat

Plaaslike ekonome meen dat ingrypings deur die regering nodig is om werklike groei te bewerkstellig. Daar sal die jaar min verligting vir verbruikers en langtermyn herstel het ook sy eie uitdagings. Cons Karamata van die Namibiese Ekonomiese-vereniging het dit so opgesom.

Read More

Begroting is te staties – Swartbooi

Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swartbooi het vanmiddag sy party se hersiening van die begroting gedoen. In sy mening is die begroting staties en reageer die dokument en sy bepalings nie op die verskeie uitdagings in verskeie gebiede van die land nie…

Read More

Maatreëls vir begrafnisse aangepas

Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het klein aanpassings aan maatreëls in verband met begrafnisse gemaak toe hy vanmiddag die aankondiging oor die regering se reaksie op pandemie vir die volgende maand bekend gemaak het. Hy het verder gesê geen persoon kan inenting geweier word as hy nie nasionale dokumente het nie. Hy […]

Read More

Alkohol: verkoop so dat mense steeds tuis kan wees om 22:00

Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het vanmiddag meer duidelikheid gegee oor die verkoop van alkohol met die aandklokreël wat om 10-uur saans inskop.

Read More

Maatreëls effe aangepas

Die Namibiese Minister van Gesondheid het die jongste maatreëls in verband met die pandemie aangekondig. Hy het gesê as ‘n maatreël nie bespreek word nie is dit onveranderd dus is die reëls in verband met die verkoop van alkohol onveranderd. Die maatreëls tree môre in werking en verval 31 Mei. Shangula…

Read More

VSA: staaltekorte vertraag trekkervervaardiging

Die Amerikaanse boerdery-korporasie AGCO sê fabrieke kan nie voorbly nie omdat boere sukkel om die nodige trekkers aan te skaf weens ‘n tekort aan staal, plastiek, mikroskyfies en bande. Dit het veroorsaak dat baie boere teleurgesteld is alhoewel hulle kontantvloei verbeter het na hoër graanpryse. Hul probeer om betyds nuwe masjinerie aan te skaf vir […]

Read More

Nuwe debietordestelsel tree in werking in SA

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se gewaarborgde invorderingstelsel, AC/DebiCheck, tree Saterdag in werking. Die sperdatum is weens die inperking met ‘n jaar uitgestel. ‘n Woordvoerder sê AC/DebiCheck vereis dat klante instem tot nuwe debietorders voordat dit kan deurgaan om sodoende misbruik van die stelsel te beëindig. Met die nuwe betaalstelsel sal verbruikers magtiging aan hul bank gee […]

Read More

F1: teleurstelling oor kansellasie in Kanada

Williams se Formule Een-renjaer, Nicholas Latifi, het sy teleurstelling uitgespreek nadat die Kanadese Grand Prix vir die tweede agtereenvolgende jaar weens die koronavirus-pandemie gekanselleer is. F1 sê weens die voortdurende internasionale reisbeperkings wat in Kanada van krag is, is dit onmoontlik om die land binne te gaan sonder ‘n verpligte kwarantyntydperk van 14 dae. Die […]

Read More

Kerkleier sê polisie hits geweld aan

‘n Kerk in Johannesburg het ‘n beroep op die polisie en metropolisie gedoen om hulle lede te ondersoek wat na bewering geweld teen sy gemeente aanhits. Hy beweer dat talle gemeentelede oor die jare as gevolg hiervan dood is. Die leier van die International Pentecost Holiness Church se Jerusalem-faksie, biskop Michael Sandlana, en drie ander […]

Read More